Komatipoort laat lopies reën op hulle opponente
Komatipoort se krieketspan het Saterdag na sewe paaltjies en 40 boulbeurte 290 lopies aangeteken. Dit was ‘n oortuigende wen met 123 teenoor Skukuza wat 167 aangeteken het, almal uit. Die weer het lekker saamgespeel en dit was ‘n heerlike koel dag. Die wedstryd is oorspronklik gereël om op 6 September plaas te vind, maar weens die heerlike reën is dit …
(agter) Frikkie Erasmus, Aubrey van der Bank, Ruan Schultz, Andre du Plooy, Johan Basson, Clint Rourke en Arno Wolmarans.
Komatipoort se krieketspan het Saterdag na sewe paaltjies en 40 boulbeurte 290 lopies aangeteken. Dit was ‘n oortuigende wen met 123 teenoor Skukuza wat 167 aangeteken het, almal uit. Die weer het lekker saamgespeel en dit was ‘n heerlike koel dag. Die wedstryd is oorspronklik gereël om op 6 September plaas te vind, maar weens die heerlike reën is dit na 13 September uitgestel. Beste kolwers • Clint Rourke met 102 lopies • Christo Louw met 88 lopies • Aubrey van der Bank, die spankaptein, het ook 40 aangeteken. Beste boulers • Ruan Schultz met 41/3 • Christo Louw 15/2 • Clint Rourke 22/2. Speler van die wedstryd • Clint Rourke. Die spelers het die wedstryd, sowel as die dag in Skukuza terdeë geniet en sommer hul eie interne koedoemis-spoegkompetisie gereël wat vir groot pret gesorg het.
