Local sportSport

Specman briljant in sewes-eindstryd

Die voormalige Steval Pumas, vlugvoetige vleuel Rosko Specman, het die afgelope naweek tydens die Kaapstad-toernooi in sy held, Fabian Juries se voetstappe gevolg deur vir die Blitsbokke uit te draf.

Die Blitse het Sondag in die eindstryd van die Sewesreeks teen Argentinië gespeel en hulle 29-14 vermorsel met Specman wat twee van vyf drieë gedruk het.

Specman het verlede week ‘n oproep uit die Kaap ontvang oor sy insluiting in die span weens die beseerde Werner Kok en Cecil Africa. Die groentjie Dylan Sage is die ander speler wat opgeroep is en het sy debuut vir die groen-en-goud gemaak. “Ek het reeds as ‘n klein seuntjie die rugbylegende dopgehou. Ek en Fabian kom albei van Grahamstown af en het albei skoolgegaan by Hoërskool Mary Waters en sedertdien het ek hom bewonder. Die naweek het ek die geleentheid gekry om in sy voetspore te volg.”

Blitsbokke

Tydens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se algemene raadvergadering is onder meer ‘n nuwe uitgebreide Curriebekerformaat vir 2016 goedgekeur. Die reeks sal aanstaande jaar van April tot Oktober duur. Namibië sal saam met Suid-Afrika se 14 unies in 166 wedstryde speel, nadat daar vanjaar net 76 kragmetings was. Die spanne sal van 9 April tot 23 Julie in ‘n enkelronde speel, waarna die drie kleiner spanne met die meeste ligapunte saam met die Cheetahs, Bulle, Westelike Provinsie, Goue Leeus, Haaie en die OP Kings in die premierliga sal meeding. Die Pumas is die verdedigende kampioene van die Vodacombeker-reeks nadat hulle die WP met 24-7 verslaan het, maar die reeks is geskrap.

Pumas

Die voormalige kaptein van die Pumas, Stefan Watermeyer, wat ‘n kontrak met die OP Kings gesluit het, is een van 20 spelers wat deur die Suid-Afrikaanse Rugby-unie betaal sal word. Dit oor die voortslepende geldtwis wat dié Oos-Kaapse franchise verlam.

Die Pumas se toppuntemaker vir 2015, JC Roos se naam was nie deel van die spelers wat deur die unie gekontrakteer word nie. Die Pumas moet op 7 Januarie vir die 2016-seisoen aanmeld.

Pumas

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button