School sportSport

Sportmanskap uit die boonste rakke

Laerskool Laeveld het Vrydag tydens die Hi-Tech Laeveld Interlaer behoorlik gekook - dit was ook die skool se tema vir die dag.

Die skool sal met ‘n swaar gemoed van hulle steratleet, Ashaan Sebastian Greaver, wat volgende jaar hoërskool toe gaan, afskeid neem. Hy het ‘n somtotaal van 3 026 punte op die Absapuntetabel aangeteken. Met die uitsonderlike prestasie is as hy vir die tweede agtereenvolgende jaar as die senior victor ludorum gekroon. Klein Ilné Botha (o/7) spog met ‘n goud in die 80-meter terwyl Cian Maritz (o/10) ‘n eerste plek in die verspring verower het. Die huidige hoof, mnr. Theo Krüger en die skool se leerlingtal het vanaf 553 leerlinge in 1982 gegroei tot 995 leerlinge in 2016.

Hoof van Laerskool Laeveld mnr. Theo Kruger

Laerskool Nelspruit is vanjaar 100 jaar oud en het as deel van hul eeufeesvieringe, die jaarlikse interlaer-atletiekbyeenkoms met onderskeiding aangebied. Congratulations to the principal of Nellies, Mr Arrie Henn, the staff and parents of the Nellie community for hosting an excellent event. ‘n Woord van hartlike dank aan elke atleet, ouer en personeellid van Laerskool Laeveld, wat hard gewerk het om tot die sukses van die interlaer by te dra. Julle het ons tema, “Ons kook”, gestand gedoen. Graag wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om al ons borge, skenkers en lojale vennote te bedank vir hul positiewe gesindheid en lojaliteit jeens ons skool. Laerskool Lydenburg will host the Interprimary in 2017. We are looking foward to compete in Lydenburg. “Een lewe… Leef dit!”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button