Hoërskool Nelspruit slaan Engelse vir ‘n ses
Hoërskool Nelspruit se o/15A-span het onlangs in Skukuza 'n twee-dag krieketwedstryd teen 'n Engelse-toerspan, Devon, gespeel.

In die eerste beurt het Devon eerste gekolf en is vir 216 lopies uitgeboul.
Marcel Kruger het sy stem dik gemaak en het drie paaltjies vir 12 lopies in 4,5 beurte geneem.
Die Nellies het daarin geslaag om 330 lopies vir die verlies van 10 paaltjies aan te teken. Die kolwers, Tristen Parnell en Chyle van Zyl, het uitgeblink en onderskeidelik 103 en 89 lopies aangeteken.
Devon is in die tweede beurt vir 150 lopies uitgemoker en Mathee Joubert was met drie paaltjies vir 29 lopies in 11 beurte as die beste bouler aangewys.
NHS het 37 lopies benodig om die knoop deur te haak en Tristen Parnell (27 nie uit nie) en Ruan Tait (10n.u.n.) het vir die Nellies ‘n oorwinning van 10 paaltjies verseker.
