Local sportSport
Curro-tennisspelers is van top kaliber, binne en buite
Curro Nelspruit se tennis is op die oomblik sterk en gesond. Hulle het tans vyf spanne wat in verskillende ligas speel.

Al vyf van hulle is op hierdie stadium onoorwonne. Die seuns se eerste span speel in die A-liga en hulle het reeds gemaklik teen laerskole Witrivier, Laeveld en Bergland gewen.
Die seuns se tweede span en die dogters eerstes span speel in die B-liga en hulle het onlangs teen Nelspruit Primary en St Peter’s kragte gemeet en hulle was in albei die gevalle aan die wenkant.
Die o/11-seuns speel tans vriendskaplike wedstryde en hulle geniet die ervaring en die kameraadskap. Die tennisspelers toon baie karakter op en van die baan af.
“Ons is voorwaar baie trots op hulle veral met hul gedrag wat hulle openbaar,” vertel George van Rensburg van Curro.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
