School sportSport

Al die kleuters van Kabouterland geniet hul eerste sportdag terdeë

Klein kabouters van Kabouterland op Burgersfort het onlangs hul tekkies en waterbottels gereed gehad vir die skool se eerste sportdag

Klein kabouters van Kabouterland op Burgersfort het onlangs hul tekkies en waterbottels gereed gehad vir die skool se eerste sportdag. Die geleentheid het op Waterval CVO se sportgronde plaasgevind en deur die loop van die dag kon kleuters en hul ouers aan driebeenresies, sakresies, hekkies en toutrek deelneem.

“Ons het die kleuters en hul ouers in geel- en groenspanne verdeel. Die geleentheid was ‘n groot sukses en almal het met oorgawe deelgeneem. Teen die einde van die dag het al die mammas en pappas van die twee spanne teen mekaar tougetrek,” vertel eienaar Elana Botha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button