Local sportSport
Ohrigstad se Ratels klou vir ‘n vale om te spog met sege
Met die nuwe Mpumalanga Laeveld-rugbyliga wat binnekort begin, het die Ohrigstad Rugbyklub reeds al 'n paar opwarmingswedstryde onder die knie gekry om slaggereed vir die ligabepalings te wees
Met die nuwe Mpumalanga Laeveld-rugbyliga wat binnekort begin, het die Ohrigstad Rugbyklub reeds al ‘n paar opwarmingswedstryde onder die knie gekry om slaggereed vir die ligabepalings te wees. Die klub is trots op hul nuwe spannaam, die Ratels.
Verlede Saterdag het die Ratels na Malalane gereis waar hulle teen Barberton-rugbyklub gespeel het. Quartus du Toit, mede-afrigter van die Ratels, vertel dat die span baie goed vertoon het en dat hy opgewonde is om te sien wat hulle hierdie seisoen gaan bereik.
Na ‘n harde 80 minute se spel het die Ratels die Barbertonners met 52-0 geklop.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




