Driekamp laat deelnemers breed glimlag
Die tweede mini-driekampreeks is Saterdag by Ingwenyama Conference & Sport Resort se sportsentrum aangebied.

Dit behels 20km-fietsry, 5km-draf en 600m-swem. “Die driekamp skop in die toltrapsaal af. Sodra die deelnemers die 20km voltooi het, durf hulle die 5km op die pad aan en die laaste item, die 600m-swem, word in die swembad voltooi,” vertel die gimnasiumbestuurder, Frans Landberg. Daar was heelwat kinders wat deelgeneem het. “Hulle voltooi die 20km op die fiets en swem selfs die 600m gemaklik, maar sukkel nog met die drafskoene op die pad.” Deelnemers het na afloop van die kamp elkeen ‘n medalje verower. “Ons het met die eerste driekamp agt inskrywings gehad en dit het Saterdag tot 31 deelnemers gegroei. Dit gee hulle die geleentheid om hulself te druk en te toets.”







