Local sportSport

Nellies presteer in superliga

Hoërskool Nelspruit se eerste krieketspan het onlangs 'n algehele vierde plek in die Finsbury-superliga A-bond behaal nadat hulle Hoërskool Monument met twee paaltjies geklop het.

Monument het eerste gekolf en 218 lopies vir agt paaltjies in 50 beurte aangeteken. Jon Hinrichsen het met sy boulwerk geskitter en vier paaltjies vir 52 lopies in 10 beurte geneem.

Die Nellies het in die 50ste beurt Monument se telling oorskry en 219 vir agt paaltjies geslaan. André Vosloo was met 102 lopies (nie uit nie) as die beste kolwer aangewys.

Die o/15-span het ook hulle opponente van Hoërskool Monument uitoorlê en ‘n algehele derde plek in die liga behaal.

Jacques Vosloo het vier paaltjies vir 18 lopies in agt beurte geneem en Monument is vir 195 uitgeboul.

Vosloo is ook as die beste kolwer van die dag aangewys nadat hy 109 lopies aange-teken het.

Nellies het die wedstryd met vier paaltjies beklink nadat hulle 198 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button