Local sportSport

Netbalspelers leer die fynere kunsies

Du Plessis is 'n voormalige Protea-afrigter en was in die laat sewentiger- en vroeë tagtigerjare lid van die Suid-Afrikaanse span.

‘n Groep o/14-, o/15- en o/16-netbalspelers het onlangs ‘n netbalkliniek wat deur die alombekende Louise du Plessis by Hoërskool Rob Ferreira aangebied is, bygewoon. Du Plessis is ‘n voormalige Protea-afrigter en was in die laat sewentiger- en vroeë tagtigerjare lid van die Suid-Afrikaanse span. Die spelers het spesialisafrigting ontvang waartydens hulle fiksheid gemeet, vaardighede ontwikkel en ondervinding in die vorm van wedstryde opgedoen is.
Na afloop van die naweek is Louise du Plessis-uitnodigingspanne gekies (junior en senior) wat gedurende die Oktobervakansie saam met Du Plessis en vier afrigters na Namibië gaan toer. Die twee spanne gaan tydens die toer daagliks deur haar afgerig word.
Die volgende spelers is gekies:
Michelle Mathebula – Hoërskool Bergvlam o/16
Chrystal Welthagen – Rob Ferreira o/16
Mandisa Matthias – Curro o/15
Nondimiso Motobatse – Rob Ferreira o/16
Nene Zwane – Hoërskool Bergvlam o/16
Shlayne Harms – Hoërskool Bergvlam o/15
Mandy Nkosi – Curro o/16.
Reserwes:
Tanya Botha
Carlien de Beer
Mari-Lois Strydom
Maritha van Niekerk
Joani Whitfield.

Louise du Plessis – hoofafrigter en toerleier
Marne Potgieter (Penryn) – afrigter (juniors)
Arista Bothma (Rob Ferreira) – afrigter (seniors)
Carla Ras (Curro) – bestuurder
Rista Coetzee (Bergvlam) – bestuurder
Elbeth Issebout (Witrivier) – bestuurder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button