Nuwe Pumas teen Zimbabwe
Die Pumas skop hul seisoen aanstaande Vrydag in Buluwayo teen Zimbabwe se nasionale span met ‘n kombinasie van jeug en ervaring af met aanwinste soos Tyler Fisher, Marlou van Niekerk, Nardus van der Walt, Rueben Johannes en Hugo Kloppers wie hul buigings maak.

Klopper is die enigste van die Pumas se leierkorps van vyf wie in die beginspan ingesluit is en sal die span waarskynlik in sy eerste wedstryd lei.
Die afrigter MJ Mentz sê dat hy in die eerste drie wedstryde elke keer ‘n ander kaptein sal kies sodat hy met hul eerste Curriebekerwedstryd teen die Valke raak kan vat.
Mentz bou byna ‘n slinternuwe span met van sy voorste spelers wie regdeur die land SuperRugby speel terwyl van sy ander staatmakers loopbaanskuiwe gemaak het.
Die nuwe senterpaar van Fisher en Hennie Skorbinski, die skakelpaar bestaande uit Oupa Herbs teen Van Niekerk en die lostrio, Dylan Peterson, Rueben Johannes en Nardus van der Walt sal veral teen Zim dopgehou word.
Vincent Koch, Francois Brummer, Chris Cloete, Uzair Cassiem, Faf de Klerk en Corné Fourie het almal die afgelope naweek Superrugby gespeel en Stefan Watermeyer maak die naweek sy buiging terwyl Renaldo Bothma en Giant Mtyanda albei deel van die Sharks se groep is.
Pumas teen Zimbabwe: Heinrich Steyl; Bernado Botha, Tyler Fisher, Hennie Skorbinski, Marcelo Sampson; Marlou van Niekerk, Oupa Herbst; Dylan Peterson, Nardus van der Walt, Rueben Johannes, Hugo Kloppers, Jannie Stander, Marné Coetzee, Swys du Toit, Simon Westraadt. Reserwes: Frankie Herne, Kwezi Mona, Stephan Greeff, Carel Greeff/Wihaan Hay, Marnus Schoeman, Emile Temperman, Justin van Staden, Leighton van Wyk, Hoffmann Maritz.
