Local sportSport

Gholfstokke swaai ter ondersteuning van Laerskool Malelane

'n Ontspanne Saterdagoggend op die gholfbaan het groot pret aan 64 spelers tydens die Mhoba Gholfdag, wat deur Laerskool Malelane aangebied is, verskaf.

Die skool se jaarlikse fondsameling het ‘n bestebal Stableford-formaat met scramble drive gevolg en spelers het as gholfspelers en nie-spelers ingeskryf.

Die skool meen die kompetisie was ‘n groot sukses en hulle is baie dankbaar vir besighede en die spelers se lojale ondersteuning.

Die watergate, behartig deur borge Red Falcon Spur, Nashua, OVK, BUCO, Hi-Tech Sekuriteit en hoofborg Mhoba, het gesorg dat die deelnemers verkwik word en al vroliker die volgende putjie aangepak het.

Na ‘n oggend in die warm son, het spelers hul telkaarte ingehandig en met ‘n drankie in die hand gewag om te hoor wie die beste gevaar het.

Daar is ‘n hele paar “geheime” bottels wyn, asook ‘n paar rooibokke opgeveil en almal het hulle hande diep in die sakke gesteek om die skool te ondersteun.

Uitslae

Top-vyf nie-spelers

Eerste: Leslie Groves en Jabulani Jelle

Tweede: Francois Boshoff en Hein Coetzee

Derde: Arjen Stolz en Drieken Grobler

Vierde: Hein Coetzee en Mike Lurie

Vyfde: Mark Haarhoff en Cherine Jones

Top-vyf gholfspelers

Eerste: Bertie Diedericks en Roelf Fritz

Tweede: A Visser en John Martin

Derde: Marinus Neethling en Hannes Venter

Vierde: Willem Bekker en A Nel

Vyfde: Turbo van Coller en Dean van Coller

Langste dryfhou: Hannes Venter

Langste dag: Frank Fourie en Tommy van Staden

Naaste aan die pen: 2 en 11: Roelf Fritz

8 en 17, asook 9 en 18: Bertie Diedericks.

Die geleentheid is met ‘n heerlike middagete van Mugg & Bean Onder-Sabie afgesluit.

Die skool wil graag die hoofborg, Mhoba Rum, asook al die borge van waterpunte, bowwe of putjies en Mugg & Bean Onder-Sabie, vir hulle bydraes en ondersteuning bedank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button