Hoërskool Bergvlam se eerste spanne slag Sabie behoorlik af
Hoërskool Bergvlam het Vrydag tydens 'n glansgeleentheid, hulle eerstespan-hokkiespelers se inhuldigingsfunksie gehou.

Elke speler het die span se erekode onderteken. Die groep uitgesoekte spelers vertrek eersdaags op ‘n hokkietoer na Potchefstroom waar hulle ‘n NWU-hokkiekliniek gaan bywoon. Hulle vertrek Sondag 20 Maart.
Vlammies se rugby-, netbal- en hokkiespanne het die afgelope naweek op hulle eie velde teen Hoërskool Sybrand van Niekerk te staan gekom en die Laevelders het behoorlik met die bal weggehardloop.
Die eerste dogtershokkiespan het hulle teëstanders 5-1 geklop terwyl die seuns met 2-1 geseëvier het.
Die rugbytellings is ook ‘n bewys dat Vlammies hulle besoekers met die bal in die hand oorrompel het.
Die o/14’s het met ‘n massiewe telling van 58-0 gewen en die o/16’s was ook aan die wenkant met 48-0.
Die eerstes het in ‘n taai stryd, die wedstryd 24-19 gewen.
As ‘n mens na die netbaltellings kyk, sal mens dink dit kan ook rugbytellings wees. Die o/15A’s het met 37-1, die o/16B’s met 31-3 en die eerste span met 32-8 koning gekraai.
Eerstespandogters
Mimi van Wyk
Chandré Oosthuizen
Abbey Pretorius
Abigail Westenberg
Michelle Kasa
Mielarka de Bruin
Adelaide Sidell
Anuschka Erasmus
Ashley Maduna
Rachel Fernandes
Zanel du Plessis
Allison Wessels
Angie Ferreira
Shalati Maselesele
Charlize Greyling
Pumi Mandlazi
Dominique Kinnear
Afrigter: Louise Fullard.
Eerstespanseuns
Dominic Caldeira
Brandon Payne
Nathon Nixon
Dylan De Almeida
Smanga Magagula
Aiden Soine
Niel Vermaas
Zethu Sobahle
Caleb Varda
Emmanuel Moshele
JP Rawlings
Karl Bachoo
Junior Skosana
Mahlatse Shokoane
Bradley Payne Payne
Thapelo Vuma
Reginald Ngwenya
Afrigter: Rihann van der Merwe.

