Local sportSport

Skole gebruik proewe om spanne af te rond

Hoewel slegs vreindskaplike wedstryde gespeel is, is dit duidelik dat dié twee skole slaggereed is vir die seisoen.

Laerskool Laeveld het vanjaar se wintersportseisoen op hulle tuisveld op ‘n hoë noot teen Nelspruit Primary afgeskop. Hoewel slegs vreindskaplike wedstryde gespeel is, is dit duidelik dat dié twee skole slaggereed is vir die seisoen.
“Die wedstryde teen Primary word in goeie gees gespeel, en dit is ‘n goeie geleentheid vir ons om ons spanne reg te kry vir die seisoen wat voorlê,” sê Edgar Vorster, afrigter van Laerskool Laeveld se eerste rygbyspan.
“Ons sien baie uit na die seisoen wat voorlê en ons gaan ons beste gee. Ek dink dit gaan ‘n strawwe wintersportkompetisie wees,” vertel Vorster.
Die twee hoof-netbalafrigters, Kotie Traut en Marné van der Merwe, berei voor vir die Maart-vakansie wanneer hulle ‘n groep van 10 spelers na die Sport20-toernooi in Port Shepstone vergesel.
Die finale eerste netbalspan word na die toer aangekondig. Daar sal sewe spelers en ‘n reserwe geskies word. Die netbal- en rugbywedstryde tussen Primary en Laeveld dien as proewe, daarom word daar nie telling gehou nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button