‘n Derde van Puma-span maak hul buigings
Die oud-Griekwasslot, Hugo Kloppers sal die Steval Pumas vanaand in die Mbombela Stadion in sy eerste wedstryd vir die Pienk-truie teen die Hino Valke aanvoer.

Met die afskop van die Curriebeker-kwalifiserende rondes, maak Carel en Stephan Greeff, Emile Temperman en Tyler Fisher ook hulle buigings.
Die 99kg-Kloppers, het voorheen vir WP uitgedraf en is daarna in 2013 na die Leeus. Hy het tussen 2014 en 2015 ‘n totaal van 32 wedstryde vir die Griekwas gespeel.
Dit beteken dat ‘n derde van die beginspan die Pumas die eerste keer in ‘n amptelike wedstryd verteenwoordig.
Die breier, MJ Mentz, moes in die agterry ‘n noodgedwonge verandering aanbring as gevolg van Hoffmann Maritz se dyspierbesering. Fisher wat gewoonlik op regtervleuel uitdraf, skuif buitesenter toe en Ruwellyn Isbell is op vleuel gekies.
Voor het Mentz vir Frank Herne op haker ingesluit vir onder andere meer beweeglikheid in die agttal.
Herne wat in 2013 sy debuut in ‘n Puma-trui teen die Haaie gemaak het, speel vanaand in sy
50ste wedstryd. “Dit is vir my ‘n groot eer om vir ‘n unie soos die Pumas 50 wedstryde te kan speel en ek moet alle eer aan die Here gee wat vir my die talent gegee het en aan die afrigtingskorps wat vir die afgelope paar jaar vertroue in my gehad het.
“Dit was en is ‘n ongelooflike reis en hopelik is dit die begin van groot dinge by die Pumas en dat ons saam nog groot hoogtes gaan bereik,” sê Herne.
Dit is die enigste veranderinge aan die span wat verlede week met die Blou Bulle in Witbank met 27-21 afgereken het.
“Na ons vertoning die naweek, glo ons dat die gemeenskap na ‘n skouspelagtige seisoen kan uitsien,” sê Mentz.
Pumas
15. Heinrich Steyl
14. Ruwellyn Isbell
13. Tyler Fisher
12. Hennie Skorbinski
11. Marcello Sampson
10. Justin van Staden
9. Emile Temperman
8. Carel Greeff
7. Lambert Groenewald
6. Marnus Schoeman
5. Hugo Kloppers (kaptein)
4. Stephan Greeff
3. Marné Coetzee
2. Frank Herne
1. Khwezi Mona
Plaasvervangers: Francois du Toit, Simon Westraadt, Jannie Stander, Reuben Johannes, Reynier van Rooyen, Bernado Botha en Leighton van Wyk.
Valke
15. Damian Engledou
14. Carlyle Hendricks
13. Andries Truter
12. Andrew van Wyk
11. Coert Cronje
10. Karlo Aspeling
9. Anrich Richter
8. Reg-Hack Muller
7. Friedle Olivier
6. Jean-Pierre Mostert (kaptein)
5. Marlyn Williams
4. Shane Kirkwood
3. Andries Schutte
2. Dean Muir
1. Barend Steyn.
Plaasvervangers: Adriaan-Dwight Pansegrouw, Henri Boshoff, Isak Deetlefs, Thabo Mamojele, Johan Pretorius, Grant Janke en Etienne Taljaard.
