Local sportSport

Barberton tops teen Nelspruit in klubrugby-liga

Barberton Rugbyklub kon Saterdag in die Laeveld-liga met Nelspruit, verlede jaar se naaswenners, op hulle tuisveld afreken.

Barberton Rugbyklub kon Saterdag in die Laeveld-liga met Nelspruit, verlede jaar se naaswenners, op hulle tuisveld afreken.

Die spanne het mekaar die afgelope naweek in Mbombela die stryd aangesê, waar Barberton se eerste span die tuisspan met 22-12 kafgedraf het.

Nelspruit het eerste punte op die bord gesit met ‘n drie. Dit het die kaptein genoop om hard te praat met die spelers, wat wel daarna meer ingesit het.

Hulle kon uiteindelik deur die verdediging breek om die telling gelyk te maak.

Nelspruit se volgende drie is verdoel, en dit is kort daarna deur Barberton beantwoord om die telling teen rustyd gelykop te maak met 12 punte elk.

Nelspruit sou nie weer in die wedstryd punte aanteken nie, met Barberton wat twee keer in die tweede helfte onder die pale gaan kuier het.

Jaundré Loubscher kon twee drieë druk. Hans Meyer en Quintin Fourie het elk vyf punte op die bord gesit, en Banie van Aswegen kon twee drieë verdoel.

Jaice Terblanche, Barberton se kaptein het gesê die span is tevrede met hoe hulle seisoen so ver verloop. Die span het al beide van hul wegwedstryde gewen.

“Ons sien uit daarna om hierdie naweek ‘n bietjie tuis te kan speel.”

Nelspruit se tweede span het die besoekers met 34-17 gewen. Die uitslag het die wenners egter gevlei – dit was nie ‘n ware weerspeëling van hoe gelyk die twee spanne teen mekaar opgeweeg het nie.

Barberton het meer kanse gehad, maar het onnodige foute begaan op belangrike tye tydens die wedstryd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button