Local sportSport

Primary en Whities meet kragte op die sportgronde

Laerskool Witrivier se eerste netbalspan was in 'n hewige stryd teen Nelspruit Primary gewikkel en het net-net met 9-5 gewen.

Die wedstryde het verlede week op Primary se sportgronde plaasgevind.

Die netbal was net vriendskaplik, maar die rugby was ligawedstryde.

Die eerste rugbyspan van die besoekers het Primary met 32-0 vermorsel terwyl die Whities se tweedes, derdes en o/10’s ook gewen het. Die o/9’s van die tuisspan het 20-5 gewen terwyl die o/11’s ook koning gekraai het met 15-5. Die twee spanne is beslis aanspraakmakers by vanjaar se rugbyligas.

Net Primary se o/9 A-netbalspan kon die knoop teen Witrivier deurhak en het 7-1 gewen. Die o/13 B’s van Whities het ‘n wegholoorwinning behaal met 22-0.

Rugby
• o/9 – WR 5 vs. NP 20
• o/10 – WR 46 vs. NP 0
• o/11 – WR 5 vs. NP 15
• Derdes – WR 42 vs. NP 5
• Tweedes – WR 41 vs. NP 0
• Eerstes – WR 32 vs. NP 0

Netbal
• o/9A – WR 1 vs. NP 7
• o/9B – WR 3 vs. NP 1
• o/10A – WR 7 vs. NP 5
• o/10B – WR 8 vs. NP 3
• o/11A – WR 7 vs. NP 3
• o/11B – WR 13 vs. NP 0
• o/12A – WR 7 vs. NP 4
• o/12B – WR 14 vs. NP 2
• o/13B – WR 22 vs. NP 0
• Eerstes – WR 9 vs. NP 5.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button