Local sportSport

Driedrukkers bring verligting vir Pumas

Die Steval Pumas het Saterdag in Oos-Londen drie drieë gedruk om só die Grens van 'n moontlik vierde agtereenvolgende oorwinning in die Curriebeker se kwalifiserende rondes te ontneem.

Die Puma-breier, MJ Mentz het na afloop van die Pumas se kragmeting teen die Boland Kavaliers, bekommernis gehad oor sy span wat gesukkel het om onder die pale te gaan kuier, maar kan na Saterdag se vertoning op Buffalo City Stadion meer gerus voel.

Die Pumas het nou na 320 minute se spel, vyf drieë gedruk.

Alhoewel hulle ‘n welverdiende oorwinning van 28-3 ingepalm het, het dit teen ‘n duur prys gekom met twee van hulle sleutelspelers, die skrumskakel Reynier van Rooyen (skouer) en die vleuel Bernado Botha (kuit) wat moontlik nie vir eerskomende naweek se wedstryd teen die Namibië Welwitschias te staan kom, oorweeg kan word nie.

In die eerste ses minute, was dit reeds duidelik wie die kitaar gaan slaan met die besoekers wat gedurig in die Grens se gebied geboer het. Stephan Greeff het ‘n briljante wedstryd gehad en was veral in die lynstane giftig en die flank, Marnus Schoeman was gedurig ‘n doring in die Grens se vlees.

In die laaste 10 minute van die eerste helfte, is drie strafskoppe in drie minute aan die Pumas toegeken met Marcelle Sampson wat vir die Pumas se eerste drie oorgeduik het. Die losskakel, Justin van Staden het gemaklik twee punte bygevoeg wat vroeër ‘n strafskop teen die wind misgeskop het. Die rustydtelling was 7-3.

In die 42ste minuut, het Van Staden met nóg ‘n strafskop van oor die 30 meter geslaag. Twee drieë deur die plaasvervangers, Tyler Fisher en Hennie Skorbinski en ‘n verdere twee driepunters deur die Pumaslosskakel, het finaal Grens se doppie geklink.

Die Griekwas lê tans bo-aan die punteleer met 20 punte en die Pumas in die agtste plek met 10.

Uitslae
• Valke 26 vs. Griffons 49
• SWD Arende 26 vs. Luiperds 21
• Boland Kavaliers 14 vs. Griekwas 30
• Welwitshcias 18 vs. OP Kings XV 31
• Westelike Provinsie 21 vs. Goue Leeus XV 24.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button