Gholfklub vereer hul bestes van die jaar in verskillende afdelings
Toegewyde gholfspelers van die Kambaku Gholfklob is tydens die klubkampioenskappe beloon vir hul prestasies beloon.
Kambaku Gholfklub in Komatipoort het het hulle jaarlikse klubkampioenskappe op 23 April aangebied en die jaar se kampioene vereer. Dit was nie net ‘n lekker warm dag op die baan nie, die gholfers het ook gekook.
Die volgende gholfspelers is as die beste in hul afdelings gekroon:
Dames Koper-afdeling (Individuele Stableford):
• Eerste plek: Eziel Basson met 61 punte
• Tweede plek: Karien Greyvenstein met 64 punte.
Dames Brons-afdeling
• Jeanette Maritz – beste netto met 151 houe
• Roenel Basson met 193 houe.
Mans C-afdeling (Individuele Stableford)
• Eerste plek: Jonathan Holtshauzen – 63 punte
• Tweede plek: Conraad Bezuidenhout
Dames Silwer-afdeling:
• Beste netto-telling: Shani Swanepoel 154 houe
• Beste gross-telling: Ronelle Putter met 181 houe
Mans B-afdeling
• Beste netto-telling: Harry Pretorius met 141 houe
• Beste gross-telling: Stephan Greyvenstein – 173 houe
Dames Goue-afdeling
• Beste gross-telling: Rose Powell met 158 houe
Mans A-afdeling
• Beste netto-telling: Ricky Coetzee met 151 houe
• Beste gross-telling: Jaco Botha – 156 houe
Dames-klubkampioen vir 2016: Rose Powell met 158 houe.
Mans-klubkampioen vir 2016: Jaco Botha met 156 houe.
