Local sportSport

Jong stoeier is goud werd

Nelspruit Stoeiklub (NSK) se Faantjie Steyn het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse Presidente en Meesterskampioenskappe wat by Carnival City, Boksburg plaasgevind het, weereens gewys waarom hy goud werd is.

Die 18-jarige was ook die klub se eerste atleet wat verlede jaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kaapstad sy SA kleure verower het.

‘n Paar stoeiers van die plaaslike klub was gekies om Mpumalanga die afgelope naweek in Boksburg te verteenwoordig, maar Johny Smit wat NSK se eerste internasionale stoeier was wat in 2015 Suid-Afrika in Egipte tydens die Afrikakampioenskappe verteenwoordig het, moes onttrek.

Steyn het ‘n goue medalje in die Grieks-Romeins verower terwyl Justin Ray Meyer ‘n tweede plek in dieselfde afdeling gekry het. Die meester, Jannie Beukes, het ook ‘n silwermedalje in sy ouderdomsgroep losgestoei.

Neels Smit was ook in aksie in Boksburg gewees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button