Local sportSport

Pumas se Fisher druk wendrie teen Cheetahs

Reserwevleuel van die Steval Pumas, Tyler Fisher het Vrydagmiddag in Bloemfontein die wendrie in die doodsnikke teen die Toyota Vrystaat Cheetahs gedruk om die span 29-26 te klop.

Fisher het vir die afgelope twee wedstryde, onderskeidelik teen die Vodacom Blou Bulle en die DHL Westelike Provinsie van die bank af gespeel.

Die Pumas het met ‘n reuse-terugvegpoging, nadat hulle teen rustyd 21-10 agter was, na die vierde plek op die punteleer opgeskuif en is steeds in die wedloop om hul premierstatus te behou.

Lees ook: Wendrie in doodsnikke gedruk

Die tuisspan het vroeg in die eerste helfte van die agtste kwalifiserende ronde van die Curriebeker, drieë ingeryg deur die vaskopstut, Johan Coetzee, Tertius Kruger en Lorenzo Godron. Die ervare Sias Ebersohn het die vyfpunters verdoel.

Hoffmann Maritz het die besoekers se enigste drie in die eerste 40 minute gedruk met die losskakel, Justin van Staden wat twee punte deur die pale geskop het. Hy het ook met ‘n strafskop geslaag.

Lees ook: Pumas blom in Jakarandastad

‘n Drie vroeg in die tweede helfte deur Joseph Dweba het die telling na 26-10 vergroot, maar die Pumas-slot, Jannie Stander en Lambert Groenewald se drieë en Van Staden se skopskoen, het die telling na net vier punte verskil laat krimp.

Met Fisher se drie en die losskakel se skop, was dit heelaas genoeg om die Pumas se vyfde oorwinning van die seisoen te behaal.

Die Pumas speel Saterdag om 15:00 teen die Xerox Goue Leeus op KaNyamazane Stadion. Daar sal ‘n stop-en-ry-pendeldiens vanaf Mbombela Stadion vetrek. Ingang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

So lyk die res van die naweek se uitslae:
• Boland Kavaliers 32 vs. SWD Arende 16
• Toyota Vrystaat Cheetahs 26 vs. Steval Pumas 29
• Grens 29 vs. Valke 24
• DHL Westelike Provinsie 24 vs. Griekwas 23
• Vodacom Blou Bulle 26 vs. Luiperds 51
• Goue Leeus 35 vs. OP Kings 35
• Welwitschias 0 vs. Griffons 101.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button