Local sportSport
Gemeentelede werk saam vir ‘n suksesvolle gholfdag
Die plaaslike Gereformeerde Kerk het Saterdag 'n gholfdag gehou om fondse vir hulle gemeentekamp op Makarios in te samel.
Die wonderlike weer het tot ‘n heerlike byeenkoms gelei en ten spyte van ‘n baan wat nie vol was nie, het die organiseerders hulle doelwitte bereik.
Piet van Dyk het ‘n spesiale woord van dank aan die borge wat die dag moontlik gemaak het, gebring, en aan almal wat hard gewerk het en met die reëlings gehelp het.
Uitslae:
Naaste aan penne:
Putjie 5: Pietman Maritz
Putjies 8/16: Rose Powell
Putjie 18: Mel Stronkhorst
Eerste plek: Jan van Dyk en Theo Stronkhorst met 46 punte
Tweede: Rose Powell en Roenel Basson met 43
Derde: Chris Basson en Piet van Dyk met 42
Vierde: Chris Botha en Harry Pretorius met 41
Vyfde: Janette Maritz en Martinette van Dyk met 41.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

