Local sportSport

Mambas herskryf die rekordboeke

Een vir die rekordboeke! Die Laeveld Mambas 40+ binnenshuisekrieketspan het verlede week geskiedenis gemaak toe hulle die eerste plaaslike span was wat tot die eindstryd van die IPT's deurgedring het en boonop met die wentrofee weggestap het.

Die Laeveld Mambas het in die laaste wedstryd teen die manne van WP te staan gekom waar hulle met twee lopies gewen het. Die plaaslike span het eerste ingegaan om te kolf en teken 76 lopies aan. “Ons was diep in die moeilikheid gewees. Na agt beurte het die Mambas slegs 10 lopies op die bord gehad en moes 77 aanteken om te wen,” vertel die kaptein Corrie Minnaar.

Lees ook: Lowveld Mambas strike hard in action cricket IPT

Die derde kolfpaar van Dirk Botha en Wybrandt Coetzee het 36 lopies aangeteken om die Mambas weer terug in die wedstryd te plaas. Minnaar en Lourens Labuschagne wat laaste gekolf het, het 32 lopies gemoker en behaal so die wenlopies met die tweede laaste bal.

IPT 2016 456 (Medium)

Die Mambas het agt van hulle nege wedstryde by die Montague Action Sports Arena in Kaapstad gewen waar hulle twee keer met Northern Gauteng en die einste span van WP afgereken het.

Minnaar was op die week sy span se beste kolwer met 97 lopies in nege wedstryde, gevolg deur Botha met 84 in agt wedstryde.

IPT 2016 832 (Medium)

Die beste bouler was Vincent Wallace met 20 paaltjies vir slegs 32 lopies in nege wedstryde. Coetzee was ook warm voor die paaltjies met 18 paaltjies in agt wedstryde vir 21 lopies.

Tydens die prysuitdeling, is ‘n All Stars-span aangekondig met drie plaaslike gesigte – Anton van Ee, Coetzee en Wallace. Van Ee het net vier wedstryde gespeel nadat hy ‘n besering teen die Boland opgedoen het. Nie te min het hy steeds die trofee vir die beste bouler met 13 paaltjies in 10 beurte vir minus 14 lopies ontvang.

Lees ook: Lowveld Mambas slaan provinsies van die baan af

“Hierdie toernooi is die hoogtepunt op die senior binnenshuise-krieket se kalender. Spanne en toeskouers van regoor die land het op Kaapstad neergesak om die spelers in aksie te sien,” sê Minnaar.

Wedstryduitslae en speler van die wedstryd
Wedstryd 1
• Low 62 vs. WP 49
Wedstryd 2
• Low 38 vs. Northern Gauteng Invites 11
Lourens Labuschagne
Wedstryd 3
• Low 82 vs. Western Gauteng 64
Anton van Ee
Wedstryd 4
• Low 106 vs. Boland 3
Wybrandt Coetzee
Wedstryd 5
• Low 40 vs. Boland 54+ 84
Rudi Jacobs
Wedstryd 6
• Low 94 vs. Vrystaat 36
Wybrandt Coetzee
Wedstryd 7
• Low 47 vs. KZN Midlands 29
Francois Eloff
Wedstryd 8
• Low 54 vs. Northern Gauteng Invites 52
Francois Eloff
Wedstryd 9
• Low 78 vs. WP 76
Corrie Minnaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button