Local sportSport

Pumas maak gebruik van Brendan Venter

Die rugbybrein van Suid-Afrika, Brendan Venter is deesdae by die Steval Pumas as 'n klankbord betrokke, waar hy sy kundigheid in die Laeveld deel.

Venter, wat in 17 wedstryde vir die Springbokke uitgedraf het, sien die Pumas as ‘n nuwe projek waaroor hy opgewonde is om aan te pak. Die Pumas het die voormalige All-Blacks-afrigter, John Mitchell ook genader, maar hy rig sedert die begin van die jaar die Amerikaanse rugbyspan af.

“Ek en Hein (Kriek) het twee jaar saam by Paul Roos gewerk. Toe John deur die mat val, het Hein my geskakel. MJ (Mentz) en Hein is twee jong afrigters en daarom het die Pumas my genader.”

Lees ook: Afrigter kom Pumas ‘n hupstootjie gee

Venter, wat ‘n mediese praktyk in die Strand het, het van speler en later tot afrigter gegroei waar hy by plaaslike unies soos die Stormers en die Sharks betrokke was, en tot en met 2012 by die Engelseklub, Saracens.

“Die Pumas begin basies uit niks uit nie. Hulle het ‘n klompie spelers onder Jimmy (Stonehouse) se afrigting verloor en sit met 12 nuwe aanwinste. Daar kan nie verwag word dat die projek, hetsy ek deel daarvan is of nie, as ‘n kitssukses-projek gesien word nie. Ek kyk nie uit ‘n kritiese oogpunt nie en my opinie kom met die minste bagasie.”

Lees ook: Onderhoud met die afrigter – Jimmy Stonehouse

Hy wil verder graag waarde tot die span toevoeg en sal opvlieg soos die Pumas hom nodig het. Volgens Venter is daar nie probleme by die span nie, maar meer uitdagings waaroor hy sy insette wil lewer. “Ek het daardie selfde foute as jong afrigter gemaak en daarom kan ek meer sinvolle advies gee. Die punt is nie dat die afrigters my opinie volg nie, dit is nie my rol nie. Ek is hier om raad te gee en te sê wat ek dink, maar die finale besluit bly by MJ.”

‘n Tipiese voorbeeld waarna hy verwys het, was die situasie met die Pumaspeler, Giant Mtyanda, wat ‘n leenspeler vir die Sharks gedurende Superrugby is. Luister hier oor Venter se opinie oor Mtyanda se terugkeer: 

Hugo (Kloppers) en Stretch (Stephan Greeff) is ‘n goeie kombinasie met die derde speler, Jannie Stander wat bykom. Die Pumas kan nie nou ‘n vierde speler bekostig nie. Hulle het as ‘n span speeltyd saam nodig om te kan groei en te ontwikkel. Die Pumas het nog nie sinergie nie – elke man is nog op sy eie, maar dit kom met tyd.”

Lees ook: Pumas se slotreus is tydelik terug

Op sy beurt het Mentz gesê dat dit ‘n voorreg is om een van wêreldrugby se beste kenners by hulle te kan hê.

“Om by hom te kan kers opsteek is ‘n eer. Ek leer so baie. Elke keer as hy weggaan, is my brein sif gedink met die hoeveelheid inligting wat hy vir ons gee. Dit gaan nie net oor die rugbyaspek nie, maar ook die bestuur van die groep spelers.”

Pumas-afrigter, MJ Mentz.
Pumas-afrigter, MJ Mentz.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button