Toeskouers word tydens eerste oefening beïndruk
Van die toeskouers en belangstellendes was beïndruk deur die stoeiers en dissipline wat daar te bespeur was.
Die eerste stoei-oefenaand in die dorp het onlangs by plot 66 naby die Witrivier Rugbyklub plaasgevind. ‘n Hele paar vertoongevegte is ook aangebied. Van die toeskouers en belangstellendes was beïndruk deur die stoeiers en dissipline wat daar te bespeur was. Die deelnemers was fiks en gefokus.
Almal word uitgenooi om eerskomende Donderdag weer te kom kyk en saam te oefen. Daar word beplan om oor die volgende ses weke met stoeilesse voort te gaan om die lewensvatbaarheid van ‘n nuwe klub te ondersoek.
Alle skole en kinders in die omgewing word ook uitgenooi om die oefeninge van 17:30 tot 18:45 by te woon. Belangstellendes kan Hansie Kruger by 076-788-7992 of Lappies Labuschagne by 073-415-6509 skakel.



