Local sportSport

Plaaslikes skitter by MTB-byeenkomste

Drie fietsryers van Laerskool Malelane het die afgelope naweek aan plaaslike bergfietswedrenne deelgeneem en uitstekend gevaar.

Franco Kritzinger en Waldo Potgieter het Saterdag by Uplands College in Witrivier aan die tweede wedren in die Mopani MTB-reeks deelgeneem.

Die reeks bestaan uit vyf wedrenne, waarvan die beste drie vir elke deelnemer vir ‘n podiumplek bereken word. Albei die Lanie-deelnemers het 15 kilometer gery.

Franco het die algehele tweede plek verwerf en was tweede in die subjunior-ouderdomsgroep. Waldo was algeheel derde en eerste in die sprog-afdeling.

Jooste Coetzee het egter die Mankele Avalanche, ‘n mini-aftraande aangedurf en was die jongste deelnemer. Daar was 58 fietsryers wat in twee afdelings, mans en vroue, ingedeel is.

Jooste moes teen volwassenes en van die bestes in die land meegeding.

Jooste Coetzee in aksie by die Mankele Avalanche.
Jooste Coetzee in aksie by die Mankele Avalanche.

Die kompetisie was in drie bene gedeel, met twee wat Saterdag plaasgevind het en 600m se afdraande ingesluit het. Die laaste een was Sondag. Elke been moes twee keer gery word en die beste tyd van twee ritte het die wenners bepaal.

Max Knox en Dirk Lourens was voor aan die stuur en die res van die veld het met verwondering gekyk hoe dit gedoen word. Jooste het aan die einde van die naweek 22ste geëindig, met plaaslike kampioen Lourens algeheel tweede, Knox eerste en Mankele se eie Mark Meyer, derde. Hierdie tipe wedrenne word aanbeveel om tegniese vaardighede veral in veldwedlope te bemeester.

Jooste het die blootstelling baie geniet en sien reeds uit na die 2017 Avalanche. Hy bedank graag vir Dirk Lourens Cycles vir hulle toegewyde ondersteuning en beveel alle ryers aan om die Avalanche volgende jaar aan te durf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button