Local sportSport

Komati-swemmer een van die bestes in Mpumalanga

Mel Stronkhorst van Komatipoort Swemklub is as die voorste manlike swemmer in Mpumalanga by die jaarlikse prysuitdeling van Mpumalanga Swem, wat onlangs in Mbombela plaasgevind het, aangewys.

Mel Stronkhorst het die toekenning vir die swemmer met die hoogste FINA-punte van die afgelope seisoen ontvang. Hy het ook sy persoonlike beste tyd van verlede jaar verbeter.

Alhoewel hy in Pretoria, sowat 400km van sy afrigter en goeie vriend Stephan Kuhn woon, kommunikeer hulle daagliks om oefenprogramme en sy vordering te bespreek.

Stronkhorst gaan in Augustus aan die nasionale short course-gala in Pietermaritzburg deelneem. Daar word net kort afstande afgelê en dit is ‘n baie vinnige gala. Hy gaan in al die items deelneem, maar veral op bors-, rug- en kruipslag konsentreer.

Die jong man is in April getroud en sy ouers weet nie hoe hy dit regkry om te werk, ‘n getroude man te wees en nog by sy oefenprogram te bly nie. Hy geniet egter elke oomblik daarvan en sy vrou, Carmen, is sy grootste ondersteuner.

Mel se prestasies vir 2015/16 was om gekies te word vir die Mpumalanga-span, te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Gala en aangewys te word as die beste manlike swemmer in Mpumalanga vir sy prestasie in 50m-borsslag.

Paulo Goncalves, Hanro van Heerden, Milda van Dyk en Janke Wasserman van die Komatipoort Swemklub het ook elk ‘n sertifikaat vir hul prestasies by die vlak 1-gala in April by die prysuitdeling ontvang.

Mel en sy medeklublede oefen baie hard vir die seisoen wat in Mei weer begin het. Die eerste gala vind in Julie in Mbombela plaas.

Hy werk ook baie hard om weer vir die SA Nasionale Gala te kwalifiseer en na die eindrondes deur te dring, terwyl die jong swemmers wat vlak 1 behaal het, nou mik om hierdie seisoen vlak 2 of 3 te haal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button