Local sportSport

Skopboksers roei in die regte rigting

Die maraton was Saterdag vanaf 07:00 tot 19:00 en is in die Riverside Mall aangebied.

Drikkie van Staden van White River Kickboxing Club en ‘n paar van sy lede het aan ‘n roeimarathon ten bate van Barberton se skopboksklub deelgeneem.

Hulle het die geleentheid as ‘n oefensessie ter voorbereiding van die kampioenskappe op 11 Junie in Witrivier gebruik. Brandt Ehlers, instrukteur van Barberton en eienaar van Lowveld Fight Club/K-Fit, het die byeenkoms gereël om geld vir die klub in te samel.

Tydens die kompetisie was daar ruspouses van vyf minute tussen ‘n 50-minuut sessie, maar daar kon langer aaneen geroei word en ‘n deelnemer kon ook meer as een maal roei.

Die maraton was Saterdag vanaf 07:00 tot 19:00 en is in die Riverside Mall aangebied. Borge het bygedra by wyse van toeskouers of maatskappye wat rand en sent per kilometer geborg het. Al die kilometers is saamgetel sodat ‘n wenner bereken kon word. Lowveld Fight Club/K-Fit was die wenners met ‘n volle twee kilometers meer as die res.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button