Local sportSport

Afrigter gaan weer saam met stoeispan na Algerië

Nelspruit Stoeiklub se afrigter, Hansie Kruger is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die afrigter gekies wat die nasionale span na die Afrika-kampioenskappe in Algerië gaan vergesel.

Kruger was ook tydens verlede jaar se kampioenskappe in Egipte die afrigter.

Mits Suid-Afrika ‘n medalje daar ryker word, sal ‘n span ook na die wêreldkampioenskappe wat in September in Georgia, Rusland plaasvind, gestuur word.

Lees ook: Plaaslike stoeier as kampioen gekroon

Kruger was ook die afrigter tydens verlede jaar se wêreldkampioenskappe wat in Sarajevo, Bosnië plaasgevind het. “Dit het jare se harde werk gevat, waar ek eers as stoeier en later as afrigter Suid-Afrika kon verteenwoordig. Ek is geseënd om vir ‘n maatskappy soos Steval te werk, wat stoei as ‘n sport bevorder en groei. Dankie aan Kenny Sonnekus, Mike Naude en Barry van der Merwe vir hul positiewe gesindheid ten opsigte van die sport.”

Lees ook: Jong stoeier wys sy staal in Egipte

Kruger het aan die begin van 2013, NSK op die been gebring waar hy reeds groot sukses met sy stoeiers behaal het. Faantjie Steyn het by die Suid-Afrikaanse Presidente en Meesterskampioenskappe ‘n goue medalje ingepalm terwyl Justin Ray Meyer ‘n tweede plek behaal het en die meester, Jannie Beukes ook silwer om sy nek gehang het.

Lees ook: Groot eer val plaaslike afrigter te beurt

Steyn was ook die klub se eerste atleet wat verlede jaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kaapstad sy SA kleure verower het.

Johny en Neels Smit het by die Mpumalanga Stoeivereniging se kampioenskappe albei goue medaljes verower. Johny was saam met Kruger verlede jaar na die Afrika-kampioenskappe.

‘n Stoeiklub is ook onlangs in Witrivier begin as gevolg van die groot belangstelling in die sport.

Lees ook: Stoeiklub in pyplyn vir Witrivier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button