Pumas kies nuwe senterpaar vir Griekwas-stryd
Deon Helberg is in die Steval Pumas se beginspan vir môreaand se Curriebeker-kwalifiserende stryd teen die ORC Griekwas ingesluit.
Helberg vervang vir Wilmaure Louw, wat terugskuif na die plaasvervangersbank, op buitesenter.
Hy het nog net een keer hierdie seisoen vir die Pumas, teen die Namibiese Welwitchias begin. Helberg het verlede jaar sy Pumasdebuut, ook teen die Griekwas gemaak.
Lees ook: Pumas wil ligapunte in die Rosestad gaan haal
Die vaskopstut, Khwezi Mona, wat nie vir die Pumas se vorige wedstryd teen die OP Kings weens ‘n kniebesering, beskikbaar was nie, is terug in die beginspan. Jacques Kotze word deur De-Jay Terblanché op vaskopstut vervang.
Hennie Skorbinski, wat las van ‘n besering het, word deur Marlou van Niekerk vervang wat beteken dat die Pumas ‘n splinternuwe senterpaar het.
Marnus Schoeman (flank) wat vir meer as ‘n maand langs die kantlyn met ‘n kniebesering was, kan weer sy terugkeer maak en Carel Greeff (agtsteman), is ook weer slaggereed.
Lees ook: Coetzee fiks verklaar, Kotze moet Puma-buiging opgee
Griekwas beklee steeds die eerste plek op die punteleer met 51 punte, die Boland Kavaliers is derde met 45 en die Pumas vierde met 41. Die Westelike Provinsie, wat outomaties vir die reeks gekwalifiseer het, is tweede.
Pumas teen Griekwas: Heinrich Steyl, Bernado Botha, Deon Helberg, Marlou van Niekerk, Marcello Sampson, Justin van Staden, Reynier van Rooyen, Nardus van der Walt, Lambert Groenewald, Brian Shabangu, Hugo Kloppers (k), Stephan Greeff, De-Jay Terblanché, Frank Herne, Khwezi Mona.
Plaasvervangers: Francois du Toit, Jacques Kotzé, Jannie Stander, Carel Greeff, Marnus Schoeman, Emile Temperman en Wilmaure Louw.
