Coetzee fiks verklaar, Kotze moet Puma-buiging opgee
Die Steval Pumas vaskopstut, Marné Coetzee het eers gister die regmerkie gekry vir die vierde kwalifiserende Curriebekerwedstryd teen die Grens die Saterdag.
Hy het met ‘n middel-oorinfeksie gesukkel, maar het Donderdag die goeie nuus gekry dat hy wel saam met sy spanmaats na Oos-Londen sal reis.
Die voormalige speler van Witrivier Rugbyklub, Jacques Kotze kon moontlik hierdie naweek sy buiging vir die Steval Pumas gemaak het mits Coetzee nie kon speel nie. De-Jay Terblanché sal op die plaasvervangersbank sit.
Nardus van der Walt skuif ook terug na die plaasvervangersbank, aangesien Marnus Schoeman wat verlede week teen die Bolands as impakspeler op die veld gedraf het, weer terug in die beginspan is.
Die senter, Hennie Skorbinski sal Satermiddag vir die kragmeting beskikbaar wees nadat hy deur vermoedelik ‘n spinnekop gebyt is wat hom drie weke van stryk gelaat het. Hy sal in Wilmaure Louw se plek opgestuur word. “Die Bulldogs spog met drie agtereen-volgende oorwinnings en sal die status nie sommer wil opgee nie. Ons besef hulle is ‘n moeilike span om op hulle tuisveld te klop.
Ons het probeer om nie te veel veranderings aan die span wat Vrydag teen die Boland gewen het, te verander nie. Dit gaan ‘n tawwe stryd wees, maar ons gaan speel om te wen,” het die Puma-afrigter, MJ Mentz gesê.
Só lyk die span wat die Grens die naweek pak:
15. Heinrich Steyl
14. Bernado Botha
13. Hoffmann Maritz
12. Wilmaure Louw
11. Marcello Sampson
10. Justin van Staden
9. Reynier van Rooyen
8. Carel Greeff
7. Lambert Groenewald
6. Marnus Schoeman
5. Hugo Kloppers (k)
4. Stephan Greeff
3. Marné Coetzee
2. Frank Herne
1. Simon Westraadt
Plaasvervangers: Francois du Toit, De-Jay Terblanché, Jannie Stander, Nardus van der Walt, Emile Temperman, Hennie Skorbinski en Tyler Fisher.