Local sportSport

Groentjies verbeter, o/16’s wen drie

Losskakel en kaptein van die o/13 Coca-Cola Cravenweekspan, Christo Nel en Laerskool Witrivier se Thabiso Matheba was van die Pumas se uitblinkers by vanjaar se toernooi wat verlede week op Paarl Gimnasium beslis is.

Hoërskool Nelspruit se Stefan Smit en Banele Mthenjane was goud werd vir die Pumas se o/16 Grant Khomo-span, wat ook in die Kaap plaasegvind het.

Die o/13 Pumas kan verheug wees na hulle vertoning vanjaar op Paarl Gimnasium waar hulle twee van hulle vier kragmetings gewen het.

Tydens verlede jaar se Cravenweek wat op tuisbodem plaasgevind het, kon die groentjies daarin slaag om in net een van die wedstryde koning te kraai. Hulle was met 31-14 teen die Vrystaat baas.

Lees ook: Glorie vir WP in o/13-Cravenweek

Tobie Pretorius van Bergland (hoofafrigter) en Danie Hattingh van Laerskool Witrivier as die hulpafrigter, het hulle span op die eerste dag teen die 2016-kampioene, die DHL Westelike Provinsie 28-19 vasgeval. Die tuisspan het rustyd reeds 21-5 voorgeloop, maar die Pumas het in die tweede helfte verbete teruggeveg deur twee drieë te druk. ‘n Vyfpunter laat in die wedstryd deur WP se Keegan Smit, het die Pumas se doppie finaal geklink, Bergies se Nel het met twee skoppe deur die pale geslaag. Hy het ook hand in die Mpumalanga-eindstryd opgesteek toe Bergland teen Laerskool Kragbron met 22-12 afgereken het.

Lees ook: Bergies se Nel is Pumas se o/13-kaptein

Op die tweede dag, het die Pumas teen die Oostelike Provinsie te staan gekom waar hulle 27-12 verloor het. Witrivier se Thabiso Matheba het een van die Pumas se drie drieë gedruk met Nel wat met ‘n

doelskop suksesvol was.
Nel en kie se teëstanders op die derde dag, was teen die Griekwasmanne waar hulle net-net met 36-35 gewen het. Matheba het sy tweede drie van die toernooi in die 40ste minuut gedruk. Die losskakel het in die doodsnikke van die kragmeting oor die doellyn geduik om vir die Pumas se eerste wen van die toernooi te sorg. Op die laaste dag, het die Pumas ook met die Luiperds 14-7 afgereken.

Cail Ackermann van Laerskool Nelspruit, Damian Lombaard, Keenan Visser en Vincent Correa van Bergland het saam met die Pumas na die Kaap getoer.

Christo Nel.
Christo Nel.

Die Pumas o/16 Grant Khomo-span het die toernooi, wat ook Paarl Gimnasium plaasgevind het, op ‘n slegte noot afgeskop, maar hulleself later in die week as groot aanspraakmakers bewys. Hoërskool Nelspruit het nege verteenwoordigers in die span gehad.

Die Haaie het ‘n wegholsege van sewe drieë teenoor die Pumas se een op die eerste dag behaal. Die Pumas was rustyd net 10-0 agter, maar het die wedstryd op die einde 51-7 verloor.

NHS se Mthenjane en Estian Schroeder het twee drieë elk teen Namibië op die tweede dag ingeryg om hulle span na ‘n oorwinning van 32-7 te lei.

Smit het op die laaste ‘n totaal van 18 punte, wat een drie, twee doelskoppe en drie strafskoppe ingesluit het, aangeteken en hiermee is as hy speler van die wedstryd aangewys. Die o/16’s het nes die o/13’s ook teen die Luiperds uitgedraf en met 33-14 geseëvier. Mthenjane het in die kragmeting, sy derde drie van die toernooi gedruk.

Stefan Smit ontvang sy speler van die wedstryd-toekenning van Kervin Grove. Foto: Shaun Roy/Gallo Images
Stefan Smit ontvang sy speler van die wedstryd-toekenning van Kervin Grove. Foto: Shaun Roy/Gallo Images

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button