Local sportSport

Komatipoorters laat wiel by die Gigawatt-reeks in Mosambiek

Die uitdagende en tegniese roete van die Gigawatt MTB het sewe fietsryers van Komatipoort heelwat hoofbrekens besorg.

‘n Groep fietsryers van Komatipoort het op 27 Augustus die tweede wedren in die Gigawatt MTB Series in Mosambiek aangedurf. Die reeks bestaan uit drie toetse, genaamd die Mulotane, Klein Lebombo en Ressano Garcia.

Die roete was nie net uitdagend en tegnies nie, maar volgens die Komatipoorters was dit nie baie duidelik gemerk nie.

Dit het heelwat verwarring veroorsaak en fietsryers moes mooi konsentreer om nie die pad byster te raak nie. Twee van die plaaslike ryers het etlike kilometers ekstra gery as gevolg hiervan. Kobus Mans het ‘n ekstra 9,8km en Jana van Dyk het 11,3km voltooi.

Willie Horn het in die 50km algeheel tweede in sy afdeling geëindig met ‘n goeie tyd van 2:24. Nog deelnemers aan die 50km was Piet van Dyk met ‘n tyd van 2:51, Jan van Dyk met ‘n tyd van 2:51, Paul Nel in 2:57 en Frans van Dyk in 3:19. Kobus Mans het 44,8km in plaas van die oorspronklike 35km, in 2:20 voltooi. Jana van Dyk het aan die 15km deelgeneem, maar uiteindelik 26,3km in ‘n tyd van 1:48 getrap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button