Geen keer aan Drummond
Dit was geen verrassing dat Liza-Mari Drummond met die beste individuele prestasie tydens die Uniswim Village Spar-gala weggstap het nie.
Huidige Suid-Afrikaanse Skolekampioen, Drummond het by Hoërskool Nelspruit se interhuisgala vir die hoogste telling op die HyTek-sisteem gesorg en saam daarmee die trofee vir die senior victrix ludorum ontvang.
Sedert die SA Vlak-3 kampioenskappe vroeër vanjaar, het Kayla Schefermann haar tyd in die 50m-vlinderslag met 0,77 verbeter. Albei die swemmers is van Uniswim.

“Ek is baie bly oor hoe die seisoen so ver verloop. Ek het nie verwag dat van die swemmers naby aan hul beste tye gaan uitkom nie. Ons het harde werk wat voorlê in die volgende ses weke voor die Mpumalanga-kampioenskappe,” het afrigter van
Uniswim Nelspruit, Jasper Venter gesê.Die beste junior individuele prestasie van die dag is aan Curro Swem Akademie (CSA) se Gizelle McDonald oorhandig. Die agtjarige het ‘n tweede plekke in die 50m-borsslag in ‘n tyd van 01:12:03 verower en daarna ‘n eerste plek in die 50m-vlinderslag en 50m-vryslag.
Lees ook: Swemsensasie deel sy kennis met ander

“Weereens dankie aan Uniswim, wat soos altyd, ‘n fantastiese gala aangebied het. Al was dit nie die perfekte dag vir swem nie, het die swemmers dit baie geniet,” het die swemafrigter van CSA, Karlien van Heerden, gesê.
Lees ook: Uniswim raap al die pryse by Somergala op
Nelspruit Swem Akademie se Jimmy Munro wat agt goue medaljes by die SA Streekskampioenskap losgeswem het, het die trofee vir beste junior individuele prestasie van die dag vasgehou. Die 12-jarige, wat die jongste swemmer in die 200m-vlinderslagitem was, het ‘n silwer medalje verower, en eerste plekke in die 100m-en 200m-rugslag en 100m-borsslag behaal.
Trofeëwenners
• Beste senior individuele prestasie – Liza-Mari Drummond
• Senior victor ludorum – Liam Briggs
• Junior victrix ludorum – Kayla Schefermann
• Senior individuele prestasie, seun – Giano dos Santos
• Beste junior individuele prestasie – Jimmy Munro
• Junior victor ludorum – Dylin Ormiston
• Beste junior individuele prestasie, dogter – Gizelle McDonald
• Junior victrix ludorum – Theolla McDonald.

