School sportSport

Nellies se sportsterre steek hande op

Dit was geen maklike besluit om Laerskool Nelspruit se sportseun- en dogter van die jaar aan te wys nie.

Ruben Grundlingh en Quinn van Zyl was vir die sportseun van die jaar genomineer terwyl Zoë Bergmann, Nicci Viljoen en Shana Scott vir die sportdogter benoem is.

Vir sy deelname aan atletiek, rugby, swem, krieket én hokkie, is die sportseun van die jaar-trofee aan Quinn toegeken.

Lees ook: Bergies se Nel is Pumas se o/13-kaptein

Sedert gr. 4 was hy deel van Nellies se interlaer-atletiekspan. Hy draf nog elke jaar vir die A-rugbyspan uit en het verlede jaar sy provinsiale kleure verwerf, waar hy vir die o/12-Pumas in aksie was. Quinn het vanjaar weer ‘n Pumaspan gehaal en was deel van die o/13 XV-tal.

Quinn van Zyl.
Quinn van Zyl.

In gr. 6 het hy in drie sewestoernooie vir Nellies gespeel. Vir drie seisoene het hy sy skool by die Top Skole-galabyeenkoms verteenwoordig. Hy is ook kranig met ‘n hokkiestok in die hand en speel vir die afgelope vier jaar A-span krieket.

Die talentvolle dogter, Nicci, het die afgelope vier jaar die skool in verskeie sportkodes verteenwoordig en haar veelsydigheid op verskeie gebiede bewys.

Sy neem nog elke jaar aan die interhuis- en interlaerbyeenkomste deel. Sedert gr. 4 is sy in die Mpumalanga-span ingesluit en was saam met haar provinsie na die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe.

Lees ook: Swemsensasies herskryf rekordboek

Sy het tydens die 2016-landloopseisoen haar skool verteenwoordig en het aan die Mpumalanga Landloopkampioenskappe deelgeneem. Sy is ook tot die Mpumalanga-landloopspan verkies wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het.

Nicci was ook nog elke jaar op die netbalbaan en die hokkieveld in aksie.

Nicci Viljoen. Foto: Johan Orton
Nicci Viljoen. Foto: Johan Orton

Een van haar grootste prestasies, is in swem. In gr. 6 en -7 word sy as die victrix ludorum by Nellies se interhuis-swemgala aangewys.

Sy het ook aan die top-skolegala deelgeneem. Nicci het in gr. 5 en -6 haar provinsie by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig.

Hierdie dogter was die afgelope vier jaar voorwaar ‘n ambassadeur vir Laerskool Nelspruit en kan met reg trots wees op dié toekenning.

Intermediêr- en seniorfase
Atletiek
Seun – Nathan Duncan
Dogter – Ashley Erasmus

Netbal
Zoë Bergmann

Rugby
Cail Ackermann

Landloop
Seun – Jovhan de Lange
Dogter – Anya Pieterse

Swem
Seun – Jimmy Munro
Dogter – Nicci Viljoen

Tennis
Dogter – Arili Boshoff
Seun – Reuben Grundlingh

Hokkie
Seun – Reuben Grundlingh
Dogter – Zoë Bergmann

Veelsydigheid in provinsiale sport
Atletiek – Anje Nel en Nathan Duncan

Buite skoolverband
Karate, internasionale deelname
SA Krygkuns – Abigail de Beer
Gevegkuns – Jacobus Meyer

Sportseun- en dogter van die jaar – Nicci Viljoen en Quinn van Zyl.

Grondslagfase
Atletiek
Seun – Wihan Lambrechts
Dogter – Praise Lubisi
Swem
Seun – JP Snyman
Dogter – Zoë Cilliers
Landloop
Seun – Ethan Green
Dogter – Kiara Craven
Buite skoolverband
Karate, internasionale deelname – SA-krygkuns – Christelle de Beer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button