Local sportSport

Sangbeker bly in stofkas

"Rob wou die sangbeker graag teruggebring het. Ons het probeer, maar ons het dit nie reggekry nie."

Só het die hoof van Hoërskool Rob Ferreira, Dawie Oberholzer gesê.

Daar was sprake dat die sangbeker aanstaande jaar vir die 69ste Mediclinic Nelspruit Interhoër, wat deur Rob aangebied word, weer op die spel sou wees.

Die beker is in 2016 en by vanjaar se atletiekskouspel opgeskort.

Hoofde van die deelnemende skole het egter Woensdag tydens ‘n vergadering daarteen besluit.

“Dit is sleg vir die ondersteuners én vir die atlete, maar moet nie dink dat ons nie ons harte gaan uitsing nie.”

Laevelder het die voorsitter van Laeveld-hoofde en hoof by Hoërskool Barberton, Pieter Ferreira vir kommentaar genader, maar het teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button