Local sportSport

Van Graan drie trofeë ryker

Nelspruit Rugbyklub (NRK) se Handré van Graan is as die klub se speler van die jaar, die tweede span se agterspeler van die jaar asook die man met die meeste drieë in die 2017-seisoen aangewys. 

Die klub het Vrydagaand sy jaarlikse prysuitdeling gehou.

Van Graan is een van die ouer spelers wat skouspelagtige rugby vir die klub gespeel het. Hy het die afgelope rugbyseisoen 10 keer onder die pale gaan kuier.

Adjunkpresident van die Mpumalanga Rugby-unie, Arrie Myburgh het as seremoniemeester opgetree.

Jean Botha, wat verlede jaar die trofee vir die eerstes se agterspeler van die jaar ontvang het, is as die rugbyman van die jaar gekroon. Dit is een van die toptoekennings en word aan die speler oorhandig wat op en van die veld af, sy klub se naam hooggehou het.

Opkomende speler vir 2017, is aan die 32-jarige Nic Sambo toegeken. Hy het vanjaar vir die eerste keer leer rugby speel.

“Die fondasie vir die verbetering van die fasiliteite en nuwe spelers lê die grondslag vir 2018,” het die klubvoorsitter, Herklaas du Prees gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button