Local sportSport

Nel na vyf jaar steeds SA se kampioen

Die Laeveld Arm Victors se Hanco Nel is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as Suid-Afrika se armdrukkampioen aangewys.

Die Suid-Afrikaanse Armdrukvereniging se kampioenskappe is by Boksburg Rugbyklub gehou.

‘n Maand en ‘n half gelede het Nel ‘n boarmspierbesering tydens ‘n oefening opgetel en kon net met sy regterarm kompeteer.

“Aan die begin het dit baie harde werk geverg om die sport aan te leer. Ek was van die begin af gemotiveerd om eendag bo uit te kom. Sonder deursettingsvermoë sou ek dit nie bereik het nie,” het Nel gesê.

Voor die afskop van die kampioenskappe het die voormalige SA kampioen, Terence Opperman vir Nel uitgedaag met die hoop om die plaaslike armdrukker van sy titel te onttroon, maar kon helaas nie daarin slaag nie.

Hanco Nel.

Ongeveer 10 klubs het aan die kampioenskappe deelgeneem met ‘n span van die Kaap, Charma Bulldogs wat vir die eerste jaar ook vir glorie geveg het.

Nel is reeds volstoom aan die oefen om volgende jaar aan die Zloty Tur Armdruk Wêreldbeker wat jaarliks in Rumië, Poland gehou word, sy spiere te wys.

Nel vermoed dat hy deel van die top-10 armdrukkers in die wêreld is.

“Dit is waarom ek in Poland wil gaan deelneem, om myself met die wêreld se bestes te meet.”

Uitslae, Suid-Afrikaanse kampioenskappe
• Onder 60kg – Jessica Ford, eerste met links en regs
• Onder 70kg – Marika Janse van Rensburg, eerste met links en regs
• Onder 100kg – Nico Janse van Rensburg, derde met links en regs
• Bo o/110kg, ope – Hanco Nel, eerste met regs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button