Local sportSport

Applous vir helde van die sportveld

Hulle is onlangs by die skool se jaarlikse prestige-aand, vir uitsonderlike prestasies vereer.

Sportsterre wat Hoërskool Rob Ferreira na nuwe hoogtes aangevoer het, is onlangs by die skool se jaarlikse prestige-aand, vir uitsonderlike prestasies vereer.

Zandri Strydom, Amos Khoza, Johny Smith, Mariska Lubbe en Stefan Krieg het met oorgawe bewys hoekom hulle nie onderskat moet word nie.

Zandri het die hoogste prestasie in ‘n individuele sport bereik, nadat sy onder meer vir Robbies in die SA Skole Spur-reeks verteenwoordig en met die louere weggestap het.

Sy het ook die provinsie tydens die SA Skole-kampioenskappe verteenwoordig en oortuigend gewen. Amos, die skool se langafstandlegende, is vir sy uitsonderlike werksverrigting in atletiek vereer.

Hy het tydens vanjaar se Interhoër eerste plek in die 800m-item en tweede in 200m behaal. Hy het ook by die Mpumalanga Kampioenskappe eerste plek in die 400m en 800m en tydens die SA Kampioenskappe, derde in die 800m- aflos geëindig.

Johny het die hoogste prestasie op internasionale vlak behaal. Hy het in 2013 begin stoei en slegs twee jaar later ‘n silwermedalje by SA Kampioenskappe ontvang. In dieselfde jaar is hy gekies om sy skool in Egipte by die Afrika Kampioenskappe te verteenwoordig, en verwerf ‘n vierde plek in Griekse styl. Die volgende jaar het hy eerste by die SA Proewe geëindig, en derde plek by die Afrika Kampioenskappe in Marokko verower.

Die sportdogter van die jaar, wat wegstap met die Nelia Haasbroek-wisseltrofee, is Mariska Lubbe. Sy het aan die 1 500m en 3 000m by die Interhoër deelgeneem. Sy het later die provinsie tydens die SA Landloop-kampioenskap in Potchefstroom verteenwoordig en prestasiekleure verdien. Sy het ook vir die eerste hokkiespan gespeel.

Die Danie Rossouw-wisseltrofee gaan aan die sportseun vir 2013, Stefan Krieg, wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Hy het by die Interhoër aan gewigstoot en skyfwerp deelgeneem en ‘n derde plek vir laasgenoemde behaal.

Hy het ook sy skool by die Mpumalanga Atletiekkampioenskap verteenwoordig, en eerste en tweede plekke onderskeidelik, by die Interhoërswembyeenkoms verower. Hy het ook in die eerste hokkie-, tennis-, krieket- en gholfspan gespeel.

Vir meer plaaslike nuus, besoek www.whiteriverpost.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button