Local sportSport

Topatleet is gekies vir SA-span

Komatipoort se veteraanatletiekster, Agatha-Lee du Plessis is vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat volgende jaar aan die meesterswêreldkampioenskappe in Spanje, gaan deelneem.

Dié 61-jarige vrou het vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse Meesters-atletiekkampioenskap in Kaapstad drie goue medaljes in verspring, hoogspring en in die 100m-item, asook ‘n silwermedalje vir spiesgooi om haar nek gehang.

Vorige en huidige wêreldtitelhouers en voormalige Olimpiese kampioene van Suid-Afrika, Namibië, die VSA en Nieu-Seeland het aan die byeenkoms deelgeneem en talle nasionale sowel as wêreldrekords is verbeter.

Du Plessis was ook vir die SA span gekies wat aan die meesterswêreldkampioenskappe in Korea deelgeneem het, maar kon ongelukkig nie saam met die span vertrek nie.

Agatha-Lee du Plessis. Foto: Okkert Maritz

Ouma-atleet en onderwyser by Komatipoort Akademie, het na afloop van die 2017-seisoen, by die Gauteng-Noord-kampioenskappe, die hoogspringrekord met 17cm verbeter. Ook in die verspringput by die Rassie Erasmus-kampioenskappe, het sy die voormalige rekord met 33cm verpletter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button