Local sportSport

Laevelders te sterk vir Hoëveld

Laeveld Tennisvereniging het die o/10 Interdistrikte-minitennistoernooi teen Hoëveld aangebied. 

Spelers het van so ver as Ermelo, Secunda en ander dele van die Hoëveld gereis om hulle aan die Laeveld se spelers te kom meet. Balle het geklap, sweet het gespat en ouers het naels gebyt toe die twee streke teen mekaar kragte meet om te sien wie die beste opkomende nuwe sterre in Suid Afrika is.

Laeveld het na twee dae van konsentrasie as oorwinnaars uit die titaniese stryd getree. Die plaaslike spannetjie het met 20 potte gewen.

Lees ook: Mbombela boasts a tennis boffin

Dit was ‘n naweek vol pret en weer eens ‘n uitstekende leerskool vir die jongelinge ten opsigte van selfdissipline, leierskap, baanmaniere, hoflikheid en eerlikheid.

Nick de Zwart, Gabriella Koekemoer, Emma Snyman, Joslin Boshoff en JP Snyman het al hul enkelsspelwedstryde gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button