Local sportSport

Ungerer, Bholi twee trofeë ryker

Die Steval Pumas se stoomroller-flank, Thembelani Bholi het die trofee vir die speler van die jaar tydens hul jaareindfunksie, opgeraap.

Dit het Vrydagaand by Nelspruit lughawe plaasgevind.

Bholi is ook as die Curriebekerspeler van die jaar toegeken. Hy kon egter nie die funksie meemaak nie, sedert hy aan die begin van November saam met die Vodacom Bulle, ter voorbereiding van die 2018 Superrugby-reeks, oefen.

Stefan Ungerer was ook een van die uitblinkers op die aand, nadat hy as die agterspeler van die jaar benoem is, asook die SupaPuma-trofee verower het.

“Stefan het die potensiaal om as die beste skrumskakel in die land geklasifiseer te word. Hy is een van Suid-Afrika se mees besonderse vooruitstrewende spelers. Hou hom dop! Hy kan nog ‘n Bok word,” het André Bester van SupaRugby gesê.

Haker, Frank Herne wat verlede jaar as die Pumas se goue speler van die jaar aangewys is, het die trofee vir die meeste drieë (15) in die 2017-seisoen ontvang. Kobus Marais het na afloop van die seisoen 145 punte met sy skopskoen verseker en is ook na die verhoog geroep om die trofee vir die meeste punte aangeteken, te ontvang.

Pryswenners
• SuperSport Uitdaag-toernooi – Khwezi Mona
• Beste vordering – Willie Engelbrecht
• Meeste drieë – Frank Herne
• Meeste punte – Kobus Marais
• Voorspeler van die jaar – Pieter Scholtz
• Agterspeler van die jaar – Stefan Ungerer
• Lojaalste speler van die jaar – Hennie Skorbinski
• Sports Unplugged-speler – Ryan Nell
• Spelers se speler – Willie Engelbrecht
• Curriebeker-speler van die jaar – Thembelani Bholi
• Steval Puma-speler van die jaar – Thembelani Bholi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button