Local sportSport

Interlaer-reëlings verander vanaf 2018

Die jaarlikse interlaer-atletiekbyeenkoms trek van volgende jaar af 'n nuwe baadjie aan.

Laerskool Bergland is die gasheerskool vir die 36ste Hi-Tech Interlaer, wat by Hoërskool Bergvlam gehou word.

Dit vind op Saterdag 17 Februarie plaas.

Die hekke maak om 07:00 oop en die toegangsfooi beloop R20 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

Die volgende veranderinge is aangebring:
• In die verlede het die interlaer die Vrydag voor die Mediclinic Nelspruit Interhoër, wat die Saterdag plaasvind, geskied.
• Van volgende jaar af, sal die interlaer die Saterdag voor interhoër gehou word.
• Dirigente en die afgebakende plekke vir die deelnemende skole, is geskrap.
• In plaas van net twee lopies, sal daar vier wees om meer atlete die kans te gee om deel van die byeenkoms te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button