Local sportSport

Karatekas span vaardighede in om na volgende vlak te skuif

JSKA Karate-akademie se leerlinge het op 18 November al hulle dissipline en kennis van die sport ingespan om na die volgende vlak te beweeg.

Die Malelane Dojo het ‘n gradering by die Hervormde Kerk in Fish Eagle Bend op 18 November gehou en sommer die jaar met ‘n prysuitdeling afgesluit.

Ouers is genooi om te kom kyk hoe die karatekas tydens die jaar verbeter het en almal het na die tyd saam gebraai en gekuier.

Gradering word twee keer per jaar gedoen – in Junie en November. Hier moet die karatekas voor beoordeelaars basiese kata (‘n reeks bewegings) in ‘n bepaalde volgorde uitvoer en aan kumite (oefengevegte) deelneem.

As hulle slaag, kan hulle na die volgende kleur lyfband beweeg en meer gevorderde tegnieke leer.

Alex Odendaal is tydens die jaareind-funksie as senior karateka van die jaar en karateka van die dag in sy afdeling aangewys.

Jacques de Kock was junior karateka van die jaar.

Diya Vijay en James Springorum is as karateka van die dag in hul onderskeie afdelings gekies.

Jacques de Kock, Diya Vijay, Alex Odendaal en James Springorum.

Die Malelane Dojo is in 1992 deur Sensei Roelf Smit gestig en in 1996 deur Grobbies van der Westhuizen oorgeneem. Sy en haar drie kinders, Lourens, Carel en Patricia, rig tans die vegters af.

Die klub bestaan tans uit 15 leerlinge, tussen die ouderdomme van vyf en 20. Van der Westhuizen nooi alle belangstellendes van ses tot 100 jaar oud om volgende jaar by hulle aan te sluit.

LEES: Community walks for 12 hours to support CANSA and cancer survivors

Hulle oefen Maandae en Woensdae van 18:00 tot 19:00 by die Hervormde Kerk in Malalane en sal saam met die nuwe skooljaar afskop.

Vir meer inligting, skakel haar by 083-747-5769.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button