NUUS NOU NET IN: Pumas nou n franchise
Die besluit oor of die MRU as franchise geklasifiseer gaan word, is bekendgemaak.
Hoof-uitvoerende beampte van Mpumalanga Rugby Unie (MRU)P, PieterBurger, het sopas aan Laevelder bevestig dat die MRU se franchise status deur SA Rugby bekragtig is.
“Dit was harde werk, maar dit is ‘n groot dag vir Puma rugby,” sê Burger.
“Die besluit ten opsigte van ‘n Amerikaanse-liga, sowel as die Anglo-Welshtoernooi sal teen Maart gefinaliseer wees.’
MRU se Hein Mentz (president) en Pieter Burger (hoof- uitvoerende beampte) is reeds in die Kaap.
“Dit is ‘n goeie bod wat ons ingedien het. Die betrokkenes het hard aan die 102-bladsybod gewerk en ons sal nie die geleentheid deur ons vingers laat glip nie,” het Burger gister aan Laevelder vanuit Kaapstad gesê.
Die beginsel vir nog twee rugby-unies om as ‘n franchise geklassifiseer te word (MRU en Griekwas) is vroeër vanjaar tydens ‘n vergadering in Johannesburg, deur al 14 unies goedgekeur. SA Rugby het egter die laaste sê.
Duidelikheid oor die Pumas se deelname aan die Anglo-Welshbeker sal ook vandag gefinaliseer word.


