Local sportSport
Interhoër: Alles wat jy moet weet
Oor minder as 'n maand sal ons atletieksterre na vanjaar se gasheerskool vir die Mediclinic Nelspruit Interhoër, Hoërskool Rob Ferreira stroom.

Toeskouerkaartjies is reeds by skole beskikbaar.
Die opmars van die atlete en dirigente sal stiptelik om 06:40 begin.
“Ons heet almal hartlik welkom by die jaarlikse skouspelagtige byeenkoms. Daar is duidelik aanvoelbare afwagting dat hierdie dag iets besonders gaan wees. Hartlike dank aan almal vir hulle harde werk tot dusver om die dag suksesvol aan te bied,” het Robbies se hoof, Dawie Oberholzer gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

