Local sportSport

Byeenkoms sorg vir uithalervertonings

Die krag van Affies Seuns en Dogters het hulle hoë posisie in die Super-interhoër se A-bond bevestig toe albei met gasheer Hoërskool Nelspruit by sy jaarlikse tuisbyeenkoms afgereken het.

Shana Scott (o/15) het vir die beste vertoning deur ‘n plaaslike atleet gesorg, toe sy haar eie rekord in skyfwerp (35,15m tydens die interhuis) met ‘n allemintige gooi van 35,73m in die rekordboeke herskryf het.

Daarmee het sy 975 punte op die ABSA-tabel verdien.

Drie van NHS se seuns het ook die 900-puntekerf oorgesteek:

Jade Swanepoel (o/15) het 907 punte vir sy 1,75m in hoogspring verdien. Devon Nell (o/17) het die 400m-hekkies in ‘n tyd van 54,65 voltooi wat hom 904 punte in die sak gebring het, en Van Reenen Kruger (o/15) het vir die eerste sub-14-sekodes van die nuwe seisoen met sy 100m-hekkies teen 13,81 gesorg. Dit is 900 punte werd.

Aubrey van der Bank.

Wat sal ‘n atletiekbyeenkoms sonder naelbytitems wees?

In die 400m vir seuns o/19 het Ruan Labuschagné en Affies se Dean Cronjé mekaar tot by die wenpaal gejaag. Daar moes vir die finale uitslag gewag word voordat die wenner bekend gemaak
kon word.

Ruan (50,65) kon net-net sy bors voor Dean (50,69) oor die wenstreep stoot. Dieselfde scenario het hom in die 800m afgespeel toe Tertius Mentz en Affies se Luan Munnik in ‘n titaniese stryd gewikkel was. Die tye van 1:56,41 vir Affies en 1:56,43 vir NHS vertel die hele verhaal.

In die o/14-spiesgooi het Handré van der Merwe (42,69m) gewen, gevolg deur spanmaats Andreas Fouché (39,35m) en Ricardo Raubenheimer (38,65m).

Die o/16 Douw Kruger (53,70m) het ook ‘n goue medalje in die spiesgooi verower, gevolg deur Zander van der Merwe (50,68m) en Marcel Saayman (46,30m) wat ook podiumplekke ingeneem het.

Zander van der Merwe.

Ilke Joubert (o/19) het eerste plekke in die gewigstoot (11,75m), skyfwerp (35,74m) en spiesgooi (32,41m) behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button