Local sportSport

Laeveld se atlete stap met meeste trofeë weg

Ondanks snikhete weer het atlete van verskeie plaaslike laerskole die atletiekbaan aan die brand gehad tydens die Limetime Shuttle-byeenkoms wat Vrydag gehou is. 

Gasheerskool, Laerskool Laeveld en laerskole Bergland en Clivia, sowel as Curro Nelspruit, Curro Meridian, Klipspringer se atlete het hulle talent ten toon kom stel.

Die senior victrix ludorum was Curro Nelspruit se Julia van Aard (o/13), wat in vyf items ‘n eerste plek verwerf het.

Taku Taderera van Laerskool Clivia het in agt items, waaronder hekkies en verspring, uitstekend gevaar en stap met die senior victor ludorum-titel weg. Hy het eerste plekke in verspring en 80 m- en
200 m-hekkies behaal. Sy onderskeidelike tye was 29,78 (200 m-hekkies) en 12,53 (80 m-hekkies).

Die beste junior dogtersbaanatleet was Bergland se Shenade Bothma, wat in die 60 m- en 80 m-naellope, eerste plekke behaal het. Sy het die 60 m-naellope in ‘n blitsige tyd van 10,15 kafgedraf en die 80 m in 13,25.

Die o/9-spoedvraat van die gasheerskool, Banele Sithole, het met die titel as beste junior baanatleet weggestap toe hy die 80 m-item in slegs 12,28 gehardloop het.

Mieke Williams het met die titel as beste senior veldatleet weggestap, nadat sy ‘n hoogte van 1,17 m gespring het.

Die beste senior verldatleet, nou 915 Absa-punte ryker, was Ruan Pretorius nadat hy die vorige hoogspringrekord met ‘n volle 5 cm verbeter het.

Ethan van der Westhuizen het vir groot vermaak gesorg toe hy die 100 m in 12,62 voltooi het. Hy het ‘n ewe indrukwekkende 26,03 in die 200 m-naelloop aangeteken en die titel as beste senior baanatleet verower.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button