Local sportSport

Goeie gees help atlete om nuwe rekords op te stel

Atlete van vier Laeveldse skole het Saterdag 16 nuwe rekords opgestel by Laerskool Malelane se jaarlikse vriendskaplike byeenkoms.

Die gasheerskool, Laerskool Malelane, Laerskool Lydenburg, Curro Nelspruit en Komatipoort Akademie het weer eens bewys dat atlete hierdie seisoen in puik toestand is.

Die vriendskaplike byeenkoms in Malalane Saterdag het atlete die kans gegun om tussen kring- en subdistriktebyeenkomste en voor die interlaer op ‘n vriendskaplike wyse mee te ding en hul vaardighede in te oefen.

LEES MEER: Lanies se interhuisatletiek-prestasies dui op groot sukses in 2018

Die hitte het hulle uithouvermoë getoets, maar familie het hulle luid van langs die veld en paviljoen aangemoedig.

Aan die einde van die dag is Lydenburg as die wenspan aangekondig en die beste presteerders van die dag met toekennings beloon:

• Junior victrix ludorum – Bella Khoza

• Senior victrix ludorum – Julia van Aardt

• Junior victor ludorum – Reghardt Small

• Senior victor ludorum – Siyavuya Mnisi

• Beste spronge – Ilyas Ayub en Mariam Mashocol

• Beste worpe – Pieter Maritz en Kolene Coetzee

• Beste naelloper – Reghardt Small en Hope Madonsela

• Beste hekkiesatleet – Siyavuya Mnisi en Mia Steenkamp

• Beste middelafstandatleet – Ruan Pienaar en Elzane Smith

• Beste atleet van die byeenkoms – Kolene Coetzee.

Laerskool Malelane het Dinsdag die subdistrikte atletiek aangebied, waar atlete hul plekkie in die distrikbyeenkomste kon verwerf.

LEES MEER: Lanies se huisspanne spook dit uit op die atletiekbaan

Beacon College was baie trots daarop dat twee van hulle leerlinge deurgedring het. Paula Mashinini het tydens die kringbyeenkoms ‘n tweede plek in die

75 m-hekkies vir o/13 verwerf en Yandisa Ndinisa was tweede in die 100 m vir o/11.

Leerlinge van Komatipoort en Malelane oefen intussen ook hard vir die interlaer wat op 23 Januarie in Burgersfort gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button