Local sportSport

Larise, Philip is die twee op dop te hou

Dié twee se ver- en hoogspringstryd sal die hoofgereg op die spyskaart wees.

Hoërskool Nelspruit se groentjies Larise Combrink (verspring) en Philip Vogel (hoogspring) sal môre hul stem by die 69ste Mediclinic Nelspruit Interhoër dik maak.

Philip, ‘n produk van Laerskool Sabie het ‘n hoogte van 1,75 m by die jaarlikse Randburg Prestige-byeenkoms geskryf. Dit het hom 1 010 punte in die sak gebring en die beste prestasie van die dag deur ‘n NHS-atleet.

Rob se Ashaan Sebastian Greaver sal egter hoop om die kollig te steel nadat hy vir drie agtereenvolgende jaar met die junior victor ludorum-trofee spog.

Ook LHS se Nolwazi Mashaba is ‘n groot medalje-aanspraakmaker in driesprong en verspring. Nolwazi is nou eers 16 jaar oud, maar sal môre vir dogters o/19 in driesprong in aksie wees.

NHS se Devon Nell (o/17) is verlede jaar as die senior victor gekroon. Die senior victrix ludorum-trofee kan ‘n nuwe staanplek kry met die dat Nerina Visser verlede jaar matrikuleer het.

Oudergewoonte kan Shana Scott (NHS), Shabangu Banele (Barberton), Nkosana Mapinga (Rob), Nicola Cronje (NHS), Anje Nel (NHS), Banele Muwayi (LHS), Lindani Nyathikazi (Lydenburg) en Shané Maritz (Bergvlam) die oë laat rek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button